Super Audio CD

Die amptelike SACD-kenteken

Die Super Audio CD (SACD) is 'n optiese skyf wat as leesalleen-oudioformaat in 1999 deur Sony en Philips ingevoer is en oorspronklik as opvolger van die Compact Disc (CD) bemark is. Die nuwe formaat is gebaseer op die DVD-ROM, dit word egter – in teenstelling met die DVD-Oudio – nie amptelik deur die DVD-Forum erken nie.

Desondanks is die Super Audio CD baie gewild in musiekkringe, veral onder liefhebbers van klassieke en jazz-musiek. Daarenteen neem die aantal vrystellings van rock- en popalbums sedert 2004 geleidelik af. Net soos sy mededinger, die DVD-Oudio, kon die Super Audio CD slegs 'n klein deel van die CD-markaandeel inpalm. Weens hoë lisensiekoste kon die Blu-ray-oudioformaat, die nuutste ontwikkeling ten opsigte van hoë-resolusieklankformate, ook geen deurbraak in die musiekmark maak nie.[1]

  1. HomeTheaterReview.com, 30 Julie 2012: Where Are My Favorite Records on Blu-ray? Besoek op 19 Maart 2017

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search